Welkom by AGS Kruis Gemeente
'n Kerk in die hartjie van Durbanville. 'n Familie met plek vir jou.
AGS Kruis Gemeente is 'n warm, huislike geloofsfamilie in die hartjie van Durbanville, Kaapstad. Hier is ons nie net mense wat op 'n Sondag saamkom nie. Ons ken mekaar, ons bid saam, ons lag saam en ons dra mekaar deur die lewe.
Met Danie en Alida Stevens aan die hart van die gemeente, is daar 'n opregte begeerte om elke mens wat deur ons deure stap, tuis te laat voel. Of jy al jare deel is van die gemeente of vandag vir die eerste keer instap, jy behoort hier welkom te voel.
Ons is 'n groeiende gemeente wat sterk fokus op gebed en om Vader God, Jesus en Heilige Gees te aanbid. Ons wil hê elkeen wat die diens bywoon moet bewus raak van die liefde wat God vir hul het.

