Nuwe Vennote

Nuwe Vennote by AGS Kruis Gemeente

Welkom by die familie

Jy hoef nie alles uit te figure voordat jy hier instap nie.

Of jy nou vir die eerste keer by AGS Kruis Gemeente kom, al 'n rukkie saam met ons kuier of voel dat jy graag deel wil word van die gemeente, jy is welkom.

Ons wil hê jy moet van die begin af tuis voel. Kom soos jy is, ontmoet mense, aanbid saam met ons en ontdek stap vir stap waar jy inpas.

Jou eerste besoek

Wanneer jy Sondagoggend om 09:00 by ons aankom, sal iemand jou graag verwelkom en help indien jy enige vrae het.

Jy hoef nie iemand hier te ken nie. Jy hoef ook nie te weet waar om te sit of wat om te doen nie.

Lofprysing & Aanbidding

Ons begin saam met lofprysing en aanbidding, met sang en musiek.

Die Woord

Ons luister saam na 'n Bybelse boodskap wat ons geloof versterk en ons help om nader aan God te leef.

Gebed

Daar is geleentheid om ná die diens saam te bid of persoonlik gebed te ontvang.

Koffie & Kuier

Ná die diens kuier ons saam in die kerksaal oor koffie. Dit is 'n lekker geleentheid om mense te ontmoet en saam te wees.

Wat moet ek aantrek?

Net wat vir jou gemaklik is.

Jeans, kortbroek, plakkies, tekkies of selfs jou fietsryklere. Jy is welkom net soos jy is.

Dit gaan nie oor wat jy aantrek nie. Dit gaan oor Wie jy kom ontmoet.

Het jy kinders?

Kinders van 3 jaar tot Graad 7 kan tydens die Sondagdiens Kinderkerk bywoon.

Die Kinderkerk vind in die kerksaal plaas, waar kinders op 'n veilige en liefdevolle manier van God kan leer en saam met ander kinders in geloof kan groei.

Kinderkerk vind nie tydens skoolvakansies en langnaweke plaas nie.

Vir mammas met kleintjies

Daar is 'n moederskamer aan die regterkant agter in die kerk vir mammas met babas tot ongeveer 3 jaar.

Die moederskamer is daar sodat jy gemaklik kan wees en steeds deel van die diens kan wees.

Tieners

Tieners van Graad 8 tot 12 kom Sondae om 17:00 in die kerksaal bymekaar.

Dit is 'n geleentheid om saam te kuier, oor geloof te gesels en God beter te leer ken.

Word 'n Nuwe Vennoot

By AGS Kruis Gemeente gebruik ons die term Nuwe Vennoot vir mense wat graag deel van ons geloofsfamilie wil word.

Daar is geen ingewikkelde proses nie. Ons nooi jou uit om jou besonderhede op die Besonderhede van Nuwe Vennote vorm te voltooi.

Die vorm bevat besonderhede vir jou en jou gesin, insluitend kontakbesonderhede, woonadres en besonderhede van kinders onder 18 jaar of kinders wat nog in die huis woon.

Voel jy dat AGS Kruis Gemeente jou geestelike tuiste kan wees? Ons nooi jou graag uit om deel van ons geloofsfamilie te word.

01

Laai die Nuwe Vennote vorm af.

02

Voltooi jou besonderhede en dié van jou gesin waar van toepassing.

03

E-pos die voltooide vorm aan die kerkkantoor of plaas dit in die offergawe mandjie tydens die diens.

Saai in die Koninkryk

Ons glo dat dit 'n voorreg is om te kan gee en deel te wees van wat God deur Sy gemeente doen.

Ons noem ons offergawes graag saad. Wanneer ons gee, saai ons in die Koninkryk van God en vertrou ons Hom met dit wat Hy aan ons toevertrou het.

Bankbesonderhede

Rekeningnaam:
AGS Kruis Gemeente Durbanville

Bank:
ABSA Durbanville

Rekeningnommer:
1001553930

Jy kan ook elektronies jou tiende of offergawe betaal.

Bly verbind

Ons gemeente leef ook deur die week.

Ons het 'n aktiewe WhatsApp-groep vir die gemeente waar belangrike inligting, aankondigings en gebeure gedeel word.

Daar is ook 'n aparte Kinderkerk WhatsApp-groep vir ouers.

Sondagboodskap op WhatsApp

Wil jy graag die Sondag se boodskap ontvang? Ons het 'n WhatsApp Preekgroep waar die boodskap outomaties gestuur word. Jy kan ook die boodskap op WhatsApp aanvra.

Kontak    071 751 3949 .

Gereelde Vrae

Is jy onseker oor iets? Hier is 'n paar praktiese vrae om jou eerste besoek en jou aansluiting by AGS Kruis Gemeente makliker te maak.

  • 01 Moet ek vooraf registreer om 'n diens by te woon?

    Nee. Jy is welkom om eenvoudig Sondagoggend om 09:00 saam met ons te kom aanbid.
  • 02 Wat moet ek aantrek?

    Wat ook al vir jou gemaklik is. Jeans, kortbroek, plakkies, tekkies of selfs jou fietsryklere. Kom soos jy is.
  • 03 Waar gaan my kinders tydens die diens wees?

    Kinders van 3 jaar tot Graad 7 kan tydens die Sondagdiens Kinderkerk in die kerksaal bywoon.
  • 04 Hoe word ek 'n Nuwe Vennoot?

    Voltooi die Besonderhede van Nuwe Vennote vorm en stuur dit per e-pos aan die kerkkantoor of plaas dit in die offergawe mandjie tydens die diens.     Klik hier om Nuwe Vennote vorm af te laai.
  • 05 Hoe kry ek die Sondagboodskap?

    Jy kan by die WhatsApp Preekgroep aansluit waar die boodskap outomaties gestuur word, of die boodskap op WhatsApp aanvra. Kontak    071 751 3949 .
  • 06 Met wie kan ek kontak maak?

    Vir algemene gemeente navrae kan jy die kerkkantoor kontak: Alida Stevens     071 751 3949.

    Vir pastorale berading kan jy vir Danie Stevens kontak     083 966 8164.
Romeine 12:5 AFR83

“...so is ons almal afsonderlik lede van mekaar.”

Ons hou ons oë op Jesus gevestig terwyl ons saam vorentoe stap en ontdek wat God nog vir ons as Sy gemeente in gedagte het.